die kaapse weskus - darling

kliek op plekname hieronder vir meer inligting
(alfabetiese lys)

atlantis
blaaubergstrand
darling
hopefield
langebaan
mamre
melkbosstrand
milnerton
paternoster
saldanha
st helenabaai
velddrif
vredenburg
weskus np
yzerfontein
HOE OM DAAR TE KOM
(GPS: 33 23S 18 23E)
Duidelike roeteaanwysers sowat 75km noord van Kaapstad.

TOERISME KANTOOR
Pastoriestraat, Darling
·  Tel: 022 492 3361
·  e-Mail

INTERESSANTE PLEKKE
◊  Veldblomme in seisoen (Augustus tot Oktober) in enige van sewe verskillende reservate
◊  Evita se Perron, plaaslike teater gevestig in ou stasiegebou, tuiste van Evita Bezuidenhout.
◊  Hildebrand Monument

WAT OM TE SIEN EN DOEN
•  Museum - 'n besoek werd
•  Voorkamerfest - jaarliks in September
•  Twee privaat natuur/wild reservate
•  Verskeie uitstekende wyn plase/kelders
•  Jaarlikse blommeskou (September)
•  Verskeie restaurante en eetplekke in en om die dorp
•  Oggend mark - eerste Saterdag van die maand
•  Darling Gymkhana - jaarliks in Oktober
•  4x4 roetes
OORSPRONG VAN DIE NAAM
Vernoem na Sir Charles Henry Darling (1809-1870), Lieutenant-Goewerneur van die Kaap van 1851 tot 1854.

INWONERTAL
7,500

GESKIEDENIS
Gedurende 1682 het pionier Oloff Bergh 'n reis ondeneem na die noorde. Hier aangekom, noem hy die gebied Groenkloof. Sowat 30 plase is hier gevestig, ondermeer Langfontein waar die 'n dorp in 1853 uitgelê is.

Teen 1899 het twee Swede, Nils Moller en G Thernstrom in Darling 'n melkery gevestig. Die Darling omgewing is steeds bekend vir sy suiwelbedryf.

Darling het ook sy rol gespeel in twee oorloë. Tydens die Boereoorlog (1899-1902) is dit die verste suid waar boeremagte beweeg het. Veldkornet CP Hildebrand (van die Maritz Kommando) het hier geval. 'n Standbeeld tot sy gedagtenis is in 1939 opgerig. Tydens die 2e Wêreld-oorlog het die lugmag hier 'n basis gevestig vanwaar lugondersteuning gebied is teen Duitse duikbote.

Sedert 1917 word hier elke jaar 'n blommeskou gehou - iets wat nie misgeloop moet word nie.
terug na tuisblad wat om te sien en doen akkommodasie langs die weskus besighede langs die weskus wat gebeur langs die weskus die weskus in beeld same information - in english