die kaapse weskus - milnerton

kliek op plekname hieronder vir meer inligting
(alfabetiese lys)

atlantis
blaaubergstrand
darling
hopefield
langebaan
mamre
melkbosstrand
milnerton
paternoster
saldanha
st helenabaai
velddrif
vredenburg
weskus np
yzerfontein
HOE OM DAAR TE KOM
(GPS: 33 52S 18 29E)
Op die R27, 10km vanaf Kaapstad.

TOERISME KANTOOR
Kaapstad Toerisme - Blaauberg kantoor
·  Tel: 021 521 1080
·  e-Mail

INTERESSANTE PLEKKE
◊  Rietvlei Natuurgebied
◊  LMB Ysterplaat
◊  Century City / Canal Walk
◊  Klein Zoar, 'n Nasionale Monument in Wemyss Road, Brooklyn
◊  Milnerton Stadsaal, Jansenstraat, 'n Nasionale Monument
◊  Milnerton vuurtoring Duidelike roete aanwysers van die N1 na die R27

WAT OM TE SIEN EN DOEN
•  Woodbridge Eiland
•  Milnerton Golfklub
•  Ratanga Junction
•  Jaarlikse lugskou, LMB Ysterplaat (September)
OORSPRONG VAN DIE NAAM
Vernoem na Sir Alfred Milner (1854-1925)(later Lord Milner) Goewerneur van die Kaap vanaf 1897 tot 1901.

INWONERTAL
30,000

GESKIEDENIS
In 1902 uitgelê op die plaas Biesjeskraal en verkry munisipale status in 1955. Geleë langs die Atlantiese oseaan en nou slegs 'n voorstad in die groter Kaapstad munisipaliteit. Bekend vir sy pragtige strandmeer, ongelooflike uitsig op Tafelberg, sy golfbaan en hoë inkomstegroep eiendomme. Die strandmeer is in die mond van die Dieprivier en verskeie voëlsoorte kom hier voor.

'n Houtbrug is in 1899, gedurende die Boere Oorlog, oor die rivier gebou deur die Britse Royal Engineers wat gebruik gemaak het van Australiese mahonie. In 1987 is die brug tot Nasionale Monument verklaar en word tans net as voetgangerbrug gebruik.

Vanaf 1904 tot 1956 het 'n privaat spoorlyn die gebied bedien vanaf die Woodstock stasie.

terug na tuisblad wat om te sien en doen akkommodasie langs die weskus besighede langs die weskus wat gebeur langs die weskus die weskus in beeld same information - in english