die kaapse weskus - saldanha

kliek op plekname hieronder vir meer inligting
(alfabetiese lys)

atlantis
blaaubergstrand
darling
hopefield
langebaan
mamre
melkbosstrand
milnerton
paternoster
saldanha
st helenabaai
velddrif
vredenburg
weskus np
yzerfontein
HOE OM DAAR TE KOM
(GPS: 33 01S 17 57E)
Vanaf die R27, verby Langebaan, 140km van Kaapstad.

TOERISME KANTOOR
Saldanha kantoor, Oorlogsvlei, Van Riebeeckstraat ·  Tel: 022 714 2088
·  e-Mail

INTERESSANTE PLEKKE
◊  Saldanha Staal
◊  Sishen-Saldanha spoorlyn
◊  Vlootbasis
◊  Visbedryf

WAT OM TE SIEN EN DOEN
•  Watersport
•  Hengel
•  Seil
•  Walvis en Dolfyn bootritte
•  Eiland ekskursies
•  Wandelpaaie
•  Voëlkyk
•  4x4 roetes
OORSPRONG VAN DIE NAAM
Die Portugeuse naam, "Aguanda de Saldanha", oftewel 'Waar Saldanha se water is' was oorspronklik gegee aan die huidige Tafelbaai in 1503 ter ere van admiraal Antonio de Saldanha na hy in 'n skermutseling met die plaaslike Khoikhoi gewond is terwyl water ingeneem is. Gedurende 1603 het 'n Hollander, ene Joris van Spilbergen verby 'n baai gevaar. Onder die indruk dat hy Aguanda de Saldanha bereik het, het hy dit so aangeteken. Die naam is toe verkeerdelik aan hierdie baai toegeken.

Die dorp word genoem na die baai.

INWONERTAL
4,000

GESKIEDENIS
Saldanhabaai was 'n gewilde skuiling teen die Kaapse storms vir skepe oor baie jare. Verskeie vaartuie het al hier anker gegooi. Seilskepe onder die vlag van ondermeer Portugal, Frankryk, Holland en Duitsland was gereeld gesien in die baai. Die bekendste besoeker was waarskynlik die Amerikaanse Alabama, waarna verwys word in die bekende volkswysie.

Vandag is Saldanha bekend as 'n vissershawe, vakansie bestemming en Vlootbasis.
terug na tuisblad wat om te sien en doen akkommodasie langs die weskus besighede langs die weskus wat gebeur langs die weskus die weskus in beeld same information - in english